Local news

Swaarvoertuie op plaaslike paaie, ’n ou probleem met geen brieke nie

Padbestuurders gefrustreerd met swaarvoertuie op munisipale paaie.

Op 25 Julie het mnr. Jacques Wagner ’n formele klagte gemaak by die plaaslike munisipaliteit rakende die steenkoolvragmotors op plaaslike paaie.

Swaarvoertuie op ons paaie is ’n ou probleem wat reeds in 2014 deur Lid van die Uitvoerende Raad (LUR)  Speedy Mashilo, destyds uitvoerende burgemeester vir die Nkangala Distrik, aangespreek is as een van die grootste skuldiges wanneer dit kom by die verergering van slaggate.

Hy het destyds gesê dat swaarvoertuie se dae op munisipale paaie getel is.

In 2022, is steenkoolvervoer deur die huidige uitvoerende burgemeester, rdl. Conny Nkalitshana, geïdentifiseer as een van die uitdagings wat gelei het tot ʼn oorweldigende aantal slaggate en die munisipale fiskus tot die limiet gestrek het.

Tóg is swaarvoertuie steeds op munisipale paaie, en ander bestuurders word gedwing om terug te sit in die bestuurdersitplek op paaie wat juis gebou is vir hul gebruik.

“Ons as bestuurders ervaar die frustrasie, en ons voertuie die slag van die gate wat groei. Swaarvoertuie is inderdaad ’n probleem wat in ons bane bly parkeer,” het mnr. John Cornish sy mening uitgespreek.

Die volle berig is dié week op WITBANK NUUS se voorblad. Maak seker jy kry jou koerant.

 

 

 

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button