Ga-Nala se Dokter Leon vang baba in bakkie omdat dié besluit het hy is reg om die wêreld te ontmoet

Dokter Leon Pelser van Ga-Nala het maar die beste met ’n flou dakliggie gemaak en ’n babaseuntjie in sy pappa se kar ‘gevang’.

Cayden van Dyk is ’n haastige mannetjie.

Dié babaseuntjie is Maandag, 25 Julie in sy pa se bakkie in ’n dokter se oprit gebore.

“Ek kon net nie meer terughou nie, Cayden het besluit dis nou tyd en glo my, dit wás tyd,” het Cayden se mamma, me. Bronwyn van Dyk vertel.

Dr. Leon Pelser wat die klein Cayden ‘gevang’ het, het vertel dié bevalling gaan hy beslis deel maak van die boek wat hy eendag gaan skryf oor sy meer as 30 jaar as dokter.

Dokter Leon, soos hy in Ga-Nala bekend staan het vertel dat dit bitterlik koud en donker was toe Cayden net na 02:00 gebore is.

Dis nie die eerste keer dat Bronwyn Dokter Leon so verras het nie.

Twee jaar gelede het sy ook vol ontsluit by die spreekkamer opgedaag, toe was dit gelukkig daglig en kon die verpleegsuster assisteer.

Lees die volle berig in dié week se uitgawe van WITBANK NUUS.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Exit mobile version