Local news

Teekoppies gevul met vreugdevolle atmosfeer

Die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU) kan spog met ’n suksesvolle damestee oggend.

Die SAVLU Carpe Diem-streek het die koue gebreek met lekker koppies tee by hul damestee-oggend op 23 Julie.

Die VLU Witbank-tak en twee gassprekers, Jessica Papenfus en Dora Zulu, het die suksesvolle en vreugdevolle oggend bygewoon.

Jessica het eerste gepraat met haar stuk ‘Live a Blessed and Balanced life’, gevolg deur Dora met haar stuk ‘How to keep all balls in the air’.

Lede en gaste het die sprekers uitstekend gevind, en dit was ʼn suksesvolle damesoggend met wedersydse aanmoediging.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button