Local newsNews

Familie op soek na inligting van beweerde derde kar ná ongeluk in Jellicostraat

As jy die ongeluk op 26 September om 16:30 in Jellicostraat gesien gebeur het, kan jy die Smith-familie help met antwoorde.

“My kind het baie seergekry. Die herstelwerk aan haar liggaam moet stuksgewys gedoen word, want dit is te ernstig en té vir haar liggaam op een slag,” is die bekommerde woorde van Fransie Pretorius.

Haar dogter, Annalise Smith, was op 26 September in ’n motorongeluk in Jellicostraat en het veelvuldige beenbreuke opgedoen.

Sy het vertel sy is net na 17:00 die middag deur ER24 geskakel en verwittig van die ongeluk.

Annalise Smith is in die hospitaal na ’n ernstige motorongeluk.

“Ek het yskoud geword. Die nooddienste het Annalise na EPH Hospitaal geneem. Sy moes uit haar kar gesny word.”

Smith het beide haar enkels gebreek, asook albei tibias, fibulas en knieë gebreek tydens die ongeluk. Haar regtergewrig is ook gebreek en sy het baie kneusplekke.

Daar is die volgende dag op Annalise geopereer en sy moes ’n bloedoortapping kry. Sy het reeds drie operasies agter die rug.

“Annalise onthou nie veel van die ongeluk nie. Sy onthou dat sy gestop het en dat ’n bussie haar voorrang gegee het om te ry. Ons vermoed ’n ander voertuig het van agter die bussie uitgekom en in haar vasgery. Die voertuig wat die ongeluk veroorsaak het, het die toneel verlaat en ons is op soek na enige inligting van die voertuig,” het die bekommerde ma gesê.

 

As jy die ongeluk gesien het en meer inligting het kan jy Pretorius kontak: 061 652 4900.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button