Local newsNews

Ou-manne wys hul slag op die rugbyveld

Die rugbywedstryd tussen die 'veterane' van Witbank Klub en HTS was die hoogtepunt van Klub54 se sportfees.

Klub54 se sportfees was een vir die boeke gewees.

Dié fees wat op 5 Oktober by HTS aangebied was, het gesorg vir bulderende lekker-lag, gasvryheid, en onthou-jy-nog oomblikke.

Met die weer wat lekker saamgespeel het was hokkie, netbal, krieket en rugby op die spyskaart gewees.

Die rugbywedstryd tussen die ‘veterane’ van Witbank Klub en HTS was die hoogtepunt van die dag.

Albei spanne was fisiek en die stampe en duikslae kon tot op die pawiljoen gehoor word.

Witbank het die wedstryd 32-14 gewen.

Deel die wedstryd saam met ons en lees meer in die week se uitgawe van Witbank Nuus 

Het jy ’n rugby staaltjie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button