Geen einde aan dwelmhel in eMalahleni nie

Witbank Nuus het uitgereik na die provinsiale polisiekantoor en wag nog steeds vir terugvoer oor die plan op die tafel om dwelmhandel ’n vuishou te gee.

eMalahleni het twee wêrelde, die een waar die alledaags aangaan en dan die donker wêreld van dwelms.

Die twee is so vêr van mekaar verwyder en tog so ineengestrengel, want op elke hoek en draai word dit gesmous.

WITBANK NUUS het ondersoek ingestel oor die werkinge van dwelmhandel in die Steenkoolstad en is deur twee dwelmgebruikers ingenooi om te sien hoe hulle koop en ook hoe dit gebruik word.

WITBANK NUUS het ondersoek ingestel oor dwelms in eMalahleni.

“Tannie, ek sal enige iets doen om skoon te kom. Maar die monster binne in my sal my nie toelaat nie,” het die een gebruiker wat verkies om anoniem te bly gesê terwyl hy heroïne behendig in ’n naald optrek en in sy arm inspuit.

Die man kon nie wag om by ‘die gat’ te kom waar hy sy dwelms koop nie.

“Ek moet gou maak, anders is die ‘dealer’ weg. Asseblief kan ek net gou gaan koop, ek sal gou wees,” het hy gepleit en in die veld ingehardloop.

’n Paar minute later was hy terug, opgewonde oor die sakkie wat hy nou net vir R20 gekoop het.

Vanuit ’n ou verslete vuil sak het hy ’n miniatuur drankbotteltjie te voorskyn gebring.

Die botteltjie was met water gevul en om die prop was ’n toutjie gedraai.

Hy het die botteltjie oopgemaak en op sy been gebalanseer, ’n gebruikte naald vanuit êrens opgediep, die heroïne in die botteltjie se prop opgewarm, met ’n paar druppels water gemeng en in die inspuiting opgetrek. Die toutjie is vinnig om sy arm gedraai om die are in sy arm te laat ‘pop’ het hy verduidelik.

Die dwelmverslaafde kon nie gou genoeg sy ‘fix’ spuit nie.

Binne sekondes was die ‘gif’ in sy liggaam.

Outomaties het hy die botteltjie se prop teruggesit, die toutjie weer daarom gedraai en saam met die inspuiting in die vuil sak gebêre.

“Ek probeer tannie,” het hy angstig verduidelik.

Dwelms is oral verkrygbaar in eMalahleni.

WITBANK NUUS het ’n video gemaak oor die dwelmwêreld in eMalahleni

 

 

“Dis nie ek nie, dis die gogga binne in my…”

Daar word arrestasies gemaak

Die plaaslike polisiesyfers wys dat daar op stasievlak wel teen dwelms baklei word in die stad. In die 2023/2024 finansiële jaar was 184 arrestasies gemaak.

Sanca is bekommerd oor die toenemde gebruik van dwelms

Sanca se statistieke wys dat dwelmgebruik geweldig toeneem.

Gespesialiseerde polisie-eenhede het 20 jaar terug toegemaak

Vandat die Suid-Afrikaanse Narkotika Buro (Sanab) in 2004 toegemaak is, is daar geen gespesialiseerde eenheid wat spesifiek die toenemende dwelmprobleem in die land toespreek nie.

Hierdie gaping het gelei tot die ‘ope’ handel en gebruik van dwelms wat besig is om die Steenkoolstad in te sluk.

WITBANK NUUS het uitgereik na die provinsiale polisiekantoor en wag nog steeds vir terugvoer oor die plan op die tafel om dwelmhandel ’n vuishou te gee.

Vuil dwelmnaalde het ernstige nagevolge.

Vertel ons meer oor jou ondervinding

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version