Klippies hou die week konsert

Maak ’n groot rooi kring om een van dié datums, 4, 5, 7 en 8 Oktober, of knoop jou sakdoek, sodat jy die konsert nie mis nie.

Laerskool Klipfontein het laas in 2017 boude en bene geskud op ’n verhoog.

Die jaar, na sewe jaar, gaan die konsert wat die skool aanbied groter en beter wees as ooit vantevore.

Hulle vat jou op ’n reis deur hulle eie Klipflix flieks en karakters.

Die leerders en onderwysers is hard aan die oefen om van die konsert ’n reuse sukses te maak.

Kaartjies is te koop by Laerskool Klipfontein se kantoor.

Spring gou en kry jou kaartjie!

Sien julle daar.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version