Oos wes, tuis bes

Die plaaslike Klub54 bied die jaarlikse sportfees aan.

Die plaaslike Klub54 bied die jaarlikse sportfees aan.

Klub54, ook bekend as eMalahleni se Old Boys pak rugby, netbal, krieket en hokkie op 5 Oktober aan asook laerskole sewes rugby en vinnige vyf netbal. HTS se matriekleerders sal ook soos oudergewoonte kragte meet met die Res (Graad 8-11 leerders).

Daar is beperkte spasie beskikbaar vir allerlei stalletjies, teen R500 per staanplek, dus kan alle besige bytjies, honger brommers en nuuskierige agies van eMalahleni die datum neerpen.
Met trotse verwagting gaan verskeie skole, naamlik Laerskole Klipfontein, Taalfees, Kragbron, Reynorif en Laerskool Panorama, Robert Carruthers School en Laerskool Balmoral die fees saam vier.

Die vuurwarm sportfees skop om 08:00 af en ’n groot skare ondersteuners word verwag. Die fondse wat op die feestelike dag genereer word, gaan teruggeploeg word in verskeie liefdadigheidsprojekte waarby jong leerders gaan baat.

Die hoogtepunt van die dag is beslis die oud, maar nog nie koud ‘Old Boys’ wat óók hul staal op die sportveld gaan wys en daarom is plaaslike jong sportsterre reeds in rep en roer oor wie gaan wen…

Vir enige navrae in verband met die fees of stalletjies, skakel Buks van der Merwe by 082 884 1476.\

“Foto’s verskaf deur HTS Witbank”
Matrieks teen Res.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version