Die lewenselikser vloei weer by Immergroen

Niks meer water probleme by Immergroen Aftreeoord nie.

Soos die groot Leonardo da Vinci eenkeer gesê het, “Water is die dryfkrag van die hele natuur”.

Die gedenkplaat.

Vir die inwoners van Immergroen Aftreeoord is dit die dryfveer van hul nuutgevonde geluk.

Die watertenks, pompe en loodgieterswerk.

Na ’n lang gesukkel met munisipale waterprobleme het die gemeenskap bymekaargekom om ’n boorgat te sink, en nou is die soet geluid van vloeiende water musiek in hul ore.

Daleen Venter, Annatjie Lange en Pieter Boshoff.

Niks meer swaar houers op- en afsleep of bekommerd wees oor droë krane nie.

Nelie Pretorius, Yolande Viljoen en Sumari Rootman.

Die boorgat is op Vrydag, 26 Julie gesink en is geskenk, met watertenks, pompe en loodgieterswerk op Saterdag, 24 Augustus.

Kiki Wentzel, Natasha Grundy en Annecke Schmidt.

Die amptelike inwyding het op Donderdag, 12 September plaasgevind.

Annetjie Nel, Chrissie en Danie Cronje.

Water, die uiteindelike lewegewer, het die gemeenskap saamgebring ter viering.

Tanya en Gideon Joubert.

Terwyl Pieter Boshoff almal hartlik verwelkom het, het Danie Cronje se openingsgebed en Bybelvers die toon aangegee vir ’n heerlike dag.

Pieter Boshoff.

En wat is ’n fees sonder heerlike versnaperinge en sjampanje?

Chrissie en Danie Cronje.

Die nuwe boorgat, mildelik geskenk deur FKN Army in samewerking met verskeie maatskapye in eMalahleni, asook al die inwoners van Immergroen, het vreugde en verligting vir die ou mensies gebring.

Peet Hatting.

Annatjie Lange, die inwoner met ’n hart van goud, het die saak beywer.

Alida Vermaak, Meriba van Rooyen, Willie en Rina Coetzer.

’n Spesiale woord van dank is gerig aan Daniel en Zelda Victor, met Pieter Boshoff wat gesê het, “Hopelik sal ons nog ’n lang pad saam stap, nie in probleme nie, maar in vriendskap.”

Ella van Zyl en Helena Buys.

Die dae dat die inwoners bekommerd moes wees dat hulle nie water het om te drink nie, is in die verlede, met Annatjie wat uitgeroep het, “Ons kan nou water reguit uit die krane uit drink!”

Martie Greyling, Tienie Bosch en Annetjie Smith.

 

Flip Harmse, Wilma Gelderblom, Margie Greyling.
Daleen Venter, Wiese Taute en Alet Ihlenfeldt.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version