CrimeLocal newsNews

Twee wat aan ‘verkeerde’ huis klop roof Klarinet man van kontant en selfoon

Die twee boesdoeners het gesê hulle wil alkohol koop.

’n Man het twee gewapende mans by sy huis in Uitbreiding 5 in Klarinet in die gesig gestaar nadat hy wakker gemaak is deur ’n man wat hom na bewering geflous het om sy deur oop te sluit.

Op Saterdag, 7 September omstreeks 02:15, is die slagoffer wakker gemaak deur ’n man wat glo aan sy deur klop. Hy het na die deur toe gegaan om te kyk wat die rumoer was, en toe hy die deur oopsluit, het die onbekende man blykbaar vir hom gesê hy wil alkohol koop.

Nadat hy aan die man verduidelik het dat hy nie alkohol verkoop nie en dat die man dalk by die verkeerde huis is, het twee ander mans na bewering uit die niet verskyn, vuurwapens op hom gerig en geld van die slagoffer begin eis.

Hy het vreesbevange aan die aanvallers verduidelik dat hy nie geld by hom het nie. Hulle het na bewering by sy huis ingedring en deur sy besittings begin krap om te sien wat hulle van waarde kan vat.

Hulle het na bewering R400 en die slagoffer se selfoon gevat. Hulle het toe uit die huis uit gehardloop en verdwyn en die slagoffer getraumatiseerd maar ongedeerd agtergelaat. Die verdagtes is onbekend aan die slagoffer, maar hulle het Zoeloe met hom gepraat.

“Ons doen ’n beroep op gemeenskapslede en inwoners om nooit hul deure vir enige rede in die nag oop te maak vir mense wat hulle nie ken nie. Misdadigers sal enige taktiek gebruik om in jou huis in te kom, en sodra jy jou deur oopsluit, is jy kwesbaar. As jy twyfel oor wie aan jou deur klop, bel die polisie of ’n plaaslike buurtwag vir bystand,” het kaptein Eddie Hall, woordvoerder van die Witbank polisie gesê.

Witbank polisie ondersoek die saak en enigiemand met inligting word gevra om asseblief Witbank Speurdienste se bystandnommer by 079 891 4809 of Crime Stop by 0860010111 te skakel of die MySAPSApp.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook ,Twitter of Instagram.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button