Geveerde atlete maak korte mette van 660km

Stel jy belang in die wedvlugduiwe sport? Kontak gerus vir Piet van Zyl in Middelburg: 082 573 4097 of Brian Ludick in eMalahleni: 082 818 7826.

Die afgelope Saterdag was die eerste semi-oornag wedvlugte van die seisoen.

Ten einde ’n volle uitslag te kon kry, moes die duiwe wat Sondagoggend geklok was in die uitslae ingesluit word.

Soos voorspel was dit warm oor die sentrale dele van die land met gepaardgaande winde in die Noord-Kaap, Vrystaat en dele van Gauteng.

Die geveerde atlete is op 31 Augustus om 06:55 en 07:15 losgelaat op die wedvlugte van ongeveer 660km.

André van Rensburg het in Hopetown 3 twee duiwe so te sê gelyk om 17:15 ingeklok vir die eerste en tweede plekke met Hansie van der Merwe wat die derde duif 10 minute later ingeklok het.

Brian Ludick het die vierde duif ingeklok gevolg deur ’n duif van Jabula Loft, 20 minute na die wenduif van André.

Die wenduif se gemiddelde spoed oor die 657km was ongeveer 64km/h.

Die afstand is in ongeveer 10½ ure afgelê!

In die volgende wedvlug, die tweejaar oud kampioenskap, het André sy vyfde wenner van die seisoen, presies 10 ure na loslating, om 17:15 ingeklok.

Hansie het die tweede duif ingeklok, wat ook die 2 JOK wenner is, nege sekondes voor André se tweede duif, met Jabula Loft se duif vierde en Hansie se tweede duif vyfde.

As gevolg van moeilike voorsiene omstandighede en baie verliese wat gerapporteer is, het unie bestuur besluit om hierdie naweek se beplande wedvlugpunt vanaf Strydenburg na Hopetown te verskuif.

Dié besluit is wyd verwelkom.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Exit mobile version