Waars dit lekker? By die Biltongfees was dit lekker!

Hou gerus die kerk se sosiale media dop vir die volgende Biltongfees.

Biltong en tuisgebak was die hoofbestanddele van die feestelikheid by die Gereformeerde Kerk Hoëveld.

Saterdag, 31 Augustus was in rooi op baie mense se kalenders omkring.

Dit was die kerk se Biltongfees. Feesgangers het tougestaan vir biltong, droëwors en cabanossi teen sakpaspryse. Vleispryse was ook baie goedkoop en dit was veral die wildsvleis wat baie aandag getrek het.

Die ander tafels het gekreun onder varsgebakte koeke, terte en pannekoek.

Die Hertzoggies se tafel was net so gewild.

In die agtergrond het Curro Bankenveld se Marimba-groep vir die klanke gesorg terwyl daar lekker gesels, gelag en vriendskappe opgebou is.

“Die Gereformeerde Kerk Hoëveld wil graag al die borge bedank vir hulle onbaatsugtige bydraes wat gelewer is om die Biltongfees ‘n sukses te kon maak.
Ons prys die Here vir Sy groot genade, sonder Hom sou dit nie moontlik gewees het nie,” het Martinus van Rooyen gesê.

 

Marthinus van Rooyen.
Manie van Rooyen.
Colin Goldswain en Soon Coetzer.
Elzabe Hartley en Tessa Maritz.
Trudie Booyens.
André van Jaarsveld.
Curro Bankenveld se Marimba groep.

 

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

Exit mobile version