Local newsNewsUpdate

Sakkie veg vir sy lewe – familie vra vir gebede

Fondse word dringend benodig om Sakkie in die hospitaal te hou.

Dit gaan nie goed met Sakkie van der Walt (68) nie.

Hy is op lewensondersteuning. Sy niere het ingegee en hy is op vier-ure dialise sessies en sy bloeddruk is ook baie hoog.

“Ek en my sussie was gisteraand daar en het lank by Oom Sakkie gesit en gebid,” het Tiaan du Plessis, Sakkie se stiefseun gesê.

Tiaan het gesê dit breek sy hart om sy stiefpa so hulpeloos te sien.

“My ma is in ’n toestand. Daar is geen bed in ’n staatshospitaal vir Oom Sakkie beskikbaar nie.”

Sakkie was op 3 Augustus na Impungwe Hospitaal gehaas nadat hy erge brandwonde tydens ’n veldbrand opgedoen het.

Die hospitaal het nie ’n brandwondeenheid nie.

Nadat ’n weldoener ’n deposito by Life Midmed betaal het, is Sakkie inderhaas oorgeplaas, waar hy dadelik in die teater opgeneem is, sy wonde geskrop is en dokters sintetiese vel kon begin oorplant op gedeeltes van sy arms en rug.

LEES MEER HIER: Bejaarde boer met erge brandwonde oorgeplaas Midmed toe

Daar is egter nie genoeg fondse beskikbaar om Sakkie in die privaat hospitaal te hou nie en sy toestand is té kritiek om na ’n ander hospitaal te vervoer.

’n Back-A-Buddy skarebefondsing is vir Sakkie gestig.

Die hospitaalkostes is atronomies en gaan tot meer as R1m styg.

’n Noodroep word gedoen om fondse vir Sakkie bymekaar te maak.

Kliek hier om by te dra tot die fonds.

Henry Kemp wat in 2013 erge brandwonde opgedoen het nadat hy slange vanuit sy brandende troeteldierwinkel probeer red het, het by Sakkie ingeloer om  vir hom te bid. Sien die video hier:

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button