Bejaarde boer met erge brandwonde oorgeplaas Midmed toe

Sakkie is oorgeplaas Life Midmed Hospitaal toe waar hy die nodige behandeling kry vir die brandwonde wat hy vroeër in Augustus tydens ’n brand op sy plot opgedoen het.

Die bejaarde boer wat erge brandwonde opgedoen het tydens ’n veldbrand op sy plot, is uiteindelik na Life Midmed Hospitaal oorgeplaas.

Hy gaan vanoggend teater toe waar dokters dooie weefsel gaan uitsny en sy wonde geskrop gaan word.

“Die dokter het bevestig dat 50% van Sakkie se lyf gebrand het,” het sy vrou, Leatitia, gesê.

’n Baie emosionele en moeë Leatitia het gesê twee anonieme skenkings is gemaak om die hospitaal voorlopig te betaal asook Legacy Ambulansdienste se rekening te dek wat Sakkie na Midmed toe vervoer het.

Die span van Legacy het seker gemaak Sakkie kom veilig by Midmed aan.

 

WAARSKUWING: GRAFIESE FOTO’S

Sakkie van der Walt se brandwonde.

Van der Walt het op 8 Augustus gebrand nadat hy deur vlamme op sy plot vasgekeer was.

“Ons het seker gemaak die vuur is dood, minwetend dat ’n beesmiskoek nog smeul. ’n Warrelwind het opgekom en binne sekondes was daar net vlamme,” het Sakkie vertel.

 

Henry Kemp loer by Sakkie in en ondersteun hom en sy familie.

 

Een van eMalahleni se inwoners, Henry Kemp, wat ’n paar jaar terug erge brandwonde opgedoen het, het by Sakkie gaan inloer om hom moed in te praat.

Henry se troeteldierwinkel, Animaniacs, het in 2013 afgebrand. Henry het in die brandende winkel ingehardloop om die diere te red en erge brandwonde opgedoen.

Wil jy vir Sakkie help? 

’n Back-A-Buddy skarebefondsing is vir Sakkie begin. Kliek hier om by te dra na die fonds toe.

Het jy ’n storie om te deel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

Exit mobile version