Local newsNews

eMalahleni man gelukkig om te leef na vlammehel

Die 68-jarige man is met ernstige brandwonde in Impungwe Hospitaal opgeneem.

‘n Bejaarde man is in die hospitaal opgeneem met ernstige brandwonde nadat ‘n vuur op sy kleinhoewe op die R555 by Elandspruit buite beheer geraak het.

Sakkie van der Walt (68) was op 3 Augustus deur die vlammemuur omring toe die wind gedraai en die vlamme aangejaag het.

Sy vrou, Leatitia van der Walt het gesê dit gaan onder omstandighede goed met hom.

Hy het brandwonde oor sy hele liggaam opgedoen.

“Ek was gister baie bekommerd oor Sakkie se oog wat so toegeswel was, maar vanoggend was sy oog oop en helder,” het Leatitia gesê.

Sy het gesê dat alles nog ’n warboel is en het gevra vir gebede vir Sakkie.

Wat is jou opinie?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button