Local newsNews

Kom ding mee in die ‘doughnut’-eet kompetisie tydens die Trappieskerk se aandmark

Die pret en plesier sluit ’n toutrek kompetisie sowel as ’n ‘doughnut’-eet kompetisie in.

Lekker opwinding wag by die NG Kerk Witbank-Suid  (Trapppieskerk) se aandmark.

 

Dié aandmark wat op 30 Augustus plaasvind begin om 16:00 tot 20:00.

 

Dié vier ure is propvol vermaak gepak.

 

Die pret en plesier sluit ’n toutrek kompetisie sowel as ’n ‘doughnut’-eet kompetisie in.

 

Looitjies is ook te koop en vir ’n R50 lootjie kan jy ’n Nintendo Switch wen en vir ’n R25 lootjie kan ’n pizza-oond joune wees.

 

“Ons gaan baie speletjies hê en die kinders gaan hulle gate uit geniet,”het ds. Robert Meintjies, leraar van die kerk gesê.

 

Moenie aandete kook nie, kom loer gerus by die kosstalletjies in waar onder andere melkkos, pannekoek, basaarpoeding, pap en kaiings, biltong en wildsvleis, sosaties, hamburgers, spookasem en ‘slushpuppies’, koeldrank, lekkers  te koop aangebied sal word.

 

Die kerk is op die hoek van Van Ryneveldstraat en Plumerstraat geleë.

 

Vir meer inligting oor die aandmark bel gerus: 013 656 4362.

 

Was jy verlede jaar by die aandmark?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button