eMalahleni staan bankvas agter Witbank Rugbyklub in hul kragmeting teen Nelspruit die naweek

Uitmuntende rugby word vir die naweek voorspel.

Witbank Rugbyklub maak dié naweek geskiedenis. Beide hulle eerste en tweede spanne speel in die Premierliga finaal.
Dié kragmetings vind Saterdag, 3 Augustus by Hoërskool Patriot plaas.
Witbank het die finaal huis toe gebring toe hulle eerste span Witrivier 46-18 en hulle tweede span hulle eweknie 25-15 gewen het.
Nelspruit het met Secunda afgereken om in die finaal te kan speel.
Hierdie wedstryd gaan beslis wie is die algehele Mpumalanga wenners.
Vir die eerste span draf Tiaan Henderson uit in die nommer een posisie.

Dit gaan Lefa Leshaba se werk wees om die bal in die skrum te haak.

Waldo Nelson gaan diens doen op vaskopstut.
Derick Haasbroek en Joe Fourie is gereed om die lynstane te oorheers met Jackie Smit en Ruan van der Colff op flank posisies.
Willa Martin is op agsteman en die agterlyn se spoed word opgemaak deur Elandré Truter, Jan Joubert, Otto Botha, Mynie Smit, Japie Kleinhans, Tamy Zulu en Alec Vermaak.

Ziyanda Sibiya, Jeandré Botha, Heinrich Jordaan, Dylan Jones, Duhan Davel, Tshepo Mosumo, Tshepang Toa en Sipho Jove is as reserwes gekies.

“Ons is gereed vir die naweek. Die spelers is uitgerus, ons beplanning is gedoen en die wedstrydplan is reeds oor en oor geoefen,” het afrigter Gerhard van den Heever gesê.

Die eerste span skop om 15:00 af.
Die tweede span lyk so: Andile Shongwe, Jan Botes, Nelius Snyman, Dawie Lange, Nick Nkosi, Jason Skosana, Junior Laas, Kobus Davel, David Mabena, Ruan Cornelius, Armand Botha, Banele Phakathi, Marcian Minnaar, Prosper Tlou, Morne Theron. D

ie reserwes is: Denvor Seherrie, Armand Snyman, Rudo Marx, Jackson Madiba, Ricardo Uys, Ashwan Apie, Kopano Ramaube en Ntabi Makgakga.

Die tweede span skop 13:00 af.

 

Deel gerus jou koeksisterresep met ons

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version