Opsoek na eMalahleni se koeksister kampioen

eMalahleni se koeksister kampioen sal op 7 September tydens Helpende Hand Witbank se Motor- en Klankskou aangekondig word.

Wat is nou meer eg-Afrikaans as koeksisters? Onthou-dae van ouma se kombuis met die soet reuk van die koeksisterstroop in die lug, roep ou herinneringe op.

Baie van ons het nog ouma se resepteboek waarin die meel- en eierstrepe hul eie stories vertel.

Ons Winkel Witbank en Ons Winkel Klipfontein is op soek na die koeksister kampioen.

Dit is so maklik om in te skryf.

Diep net ouma se resepteboek op, kry daardie ou resep met ouma se geheime bestanddele in.

Bak en plaas ses koeksisters in ’n geseëlde ‘zip lock’ sakkie met jou naam en kontakbesonderhede duidelik gemerk, en laai dit by Ons Winkel Witbank, in die Wersea-gebou in Jeanettestraat af.

Hierdie bobaas koeksister-baksel moet voor 30 Augustus 11:00 ingehandig wees.

Die wenner sal op 7 September tydens Helpende Hand Witbank se Motor- en Klankskou aangekondig word.

Vir meer inligting, kontak Annari Swart: 079 234 1315.

Deel gerus jou koeksisterresep met ons

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Exit mobile version