KidsLocal newsNews

Ons wil die telling sien!

Laerskool Klipfontein hou hulle Glow Pretloop op Woensdag, 14 Augustus.

Die leerlingraad van Klipfontein Laerskool is op ’n missie – hulle wil die telling kan sien! Die gemeenskap van eMalahleni kan hulle help deur deel te neem in hulle Glow-pretloop wat op Woensdag, 14 Augustus, plaasvind.

Die leerlingraad wil geld insamel om ’n splinternuwe elektroniese telbord langs die veld op te sit, sodat almal wat soontoe kom, kan sien wat in elke wedstryd aangaan, maar hulle kan dit nie doen sonder die hulp van elke persoon wat ’n paar tekkies en bietjie neon gesigverf het nie.

Daar is wonderlike pryse om te wen vir die wat nie net gaan loop en lag nie, maar ernstig is oor hardloop – dié met spoggerige tekkies. Inskrywings begin om 17:00 en kos R50 vir die pretloop en R80 vir die 10km wedloop. Die Glow-pretloop begin en eindig by Laerskool Klipfontein.

Kom lag en oefen die longe bietjie saam en die mees belangrikste – kom wys jou ‘glow’.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram.

 

Back to top button