KrielSaders reg vir die naweek se aanslag

Die wedstryd skop om 15:00 op Kriel Rugbyvelde af.

Groot rugby word vir die naweek voorspel wanneer KrielSaders Malelane op die rugbyveld pak.

Die tuisspan speel Saterdag, 27 Julie, teen Malelane uit en die wenner van die wedstryd is dan die Mpumalanga kampioene.

Die afskop is om 15:00.

Dit sal ook die laaste wedstryd wees wat die kaptein, Leon van den Berg vir die klub uitdraf.

Leon het die leisels vir vier jaar vasgehou en onder sy leierskap het die span al nege hul wedstryde in die Burgermeestersliga gewen.

Hy het ook die span gelei wat die Jimmy Stonehouse 10’s trofee huistoe gebring het.

Die span vir Saterdag lyk so: Leon van den Berg, Jacques van Wyk en Sam Mpontsane gaan die voorry beman.

Die slotpaar is Tee Mawuwa en Mpofu Athini.

Die twee flanke is Slaghuis Rossouw en Sino Tsewu.

Michael Zondagh gaan die nommer agt-trui aantrek.

In die agterlyn is Juan Pretorius op skrumskakel, Werries Coetzee op losskakel, die spoedvrate Oz Motloung op linkervleuel, Moshe Lentoro op binnesenter, Vuyo Maqubela op buitesenter, Ettiene van Jaarsveld op regtervleuel opgekommandeer.

Die agterhoede word deur die heelagter Siya Mazibuko gedek.

Die braaivleisvure word reeds vroeg aangesteek en daar is ’n kontantkroeg vir dié wat die keel bietjie wil natmaak.

Toegang is R20 per persoon.

Wat is jou opinie?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Exit mobile version