Local newsNews

R555 brand – almal op gereedheidsgrondslag sou die vuur weer opvlam

Die vuur langs die R555 is darem nou onder beheer.

Die plotte langs die R555 is aan die brand.

Die swart rook en oranje gloed in die lug is ‘n duidelike rigtingaanwyser van waar die plotte brand.

Die erge rook is veroorsaak deur bande en ook masjienerie wat aan die brand geraak het.

Inwoners op Plot 87 het dadelik die area om hulle huis natgemaak toe die vlamme gulsig aan die droeë gras om hul huis begin lek het.

“Ons is so dankbaar, baie mense het opgedaag en ons gehelp om die vlamme te blus en die huis veilig te hou,” het me. Lize Retief gesê.

Haar kinders bly op een van die plotte.

Brandweer is op die toneel en kon keer dat die vuur verder versprei.

Die omvang van die skade is nog onbekend.

Dit is nog nie duidelik hoe die gras aan die brand geraak het nie.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button