Local newsNews

Groot rugby die naweek by Patriot

Die rugby premierliga semifinaal word by Hoërskool Patriot gespeel. Die tweedespan skop 13:30 af en die eerstespan is 15:30 aan die beurt.

Beide Witbank Rugbyklub se spanne het deurgedring na die premierliga semifinaal en speel die naweek.

Die eerste span wat heelbo aan die punteleer in die Hoëveld geëindig het spook sake uit teen Witrivier Rugbyklub wat tweede geëindig het in die Laeveld.

Die tweede span het tweede geëindig en speel ook hier op hulle tuisveld.

 

“Ons het hard gewerk om die jaar bo aan die punteleer te bly, en met die afgelope twee wedstryde wat ons verloor het, het ons aan strukture begin werk en aan die klein probleempies geskaaf,” het Gerhard van der Heever, afrigter van Witbank Rugbyklub gesê.

Hy het klipharde wedstryde en goeie hardloop rugby vir die naweek voorspel.

 

“Die afrigters het hard gewerk en spelpatrone in plek gesit om te verseker dat die finaal die jaar in eMalahleni gehou word.”

 

Hy het bygevoeg die positiwiteit en gees onder die spelers is op ’n ander vlak en hulle weet presies wat van hulle verwag word.

 

“Ons gaan nie herhaal wat ons laasjaar in die semi-finaal teen Barberton verkeed gedoen het nie.”

 

Die wedstryde word by Hoërskool Patriot gespeel. Die tweedespan skop 13:30 af en die eerstespan is 15:30 aan die beurt.

 

Toegang is R10 en die Springbok teen Portugal wedstryd kan ook daar gekyk word.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

Back to top button