Koue hande warm ruiters

Ruiters geniet mededingende pensteek in die winter koue

Dit was weereens ’n opwindende dag by Zalala Equestrian Centre vir die tweede punte byeenkoms van die jaar vir pensteek, om die ruiters voor te berei vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in September.

Zelmarie Niemann op Savanna.

Op Saterdag, 6 Julie, in die bitter koue, het ruiters van oral oor Mpumalanga bymekaargekom om ranglyste te verbeter om sodoende te bepaal onder watter divisies hulle gereken gaan word.

Jaco Jacobs op Danube.

“Ons gebruik ook hierdie byeenkoms om opkomende ruiters en nuwe ruiters op te lei, sodat hulle die sport kan verstaan asook die reëls. Ons by Zalala poog hiermee ook om die sport meer bekendstelling te gee in ons gemeenskap en ons nooi mense uit om met Danell of met my in kontak te kom sodat ons meer inligting kan deel. Die sport is ’n lekker familie sport en die hele gesin kan deelneem, van kleinsus tot oupa,” het Chris van Zyl, organiseerder van die byeenkoms, gesê.

Jannie Minnaar on Updun.
Zander van der Merwe op Johnny B, Aroné van der Merwe op Morena, Armand van der Merwe op Flex en Jannie Minnaar op Updun.

Die ‘jongste’ ruiter wat Saterdag deelgeneem het, was 70 jaar jonk. Almal is welkom en daar is altyd vuurwarm koffie en smullekker muffins beskikbaar.

Armand van der Merwe op Flex.
Chris van Zyl met Santana.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version