Local newsNews

Ouma en kleindogter sterf na ongeluk

"Ons het gebid voor ons gery het," sê kleindogter na ongeluk waarin haar ouma en niggie oorlede is.

‘n Bejaarde vrou van eMalahleni en haar kleindogter is dood na ‘n gru-ongeluk.

Die ongeluk het gister (4 Julie) by die 20/20 kruising in Leandra plaasgevind.

Die bakkie waarin die ouma en haar vier kleindogters gery het, het teen ‘n vragmotor gebots.

Drie van die kleindogters is sussies en die vierde een, is hulle niggie.

Die een kleindogter is op die toneel oorlede, haar 8-jarige sussie is vanuit die hospitaal onslaan en haar 9-jarige sussie is oorgeplaas na ‘n hospitaal in Gauteng.

Hulle ouma is vanoggend oorlede.

Me. Annemarie van Heerden,  streeksorganiseerder at Solidariteit Helpende Hand – Mpumalanga Streek en KZN Noord Streek het die 13-jarige niggie vanmiddag in die hospitaal besoek.

“Sy het skrape in haar gesiggie, haar been is gebreek en in traksie gesit.  Haar hartjie is bitter seer oor die verlies van haar ouma en haar niggie. Bid asseblief saam met ons vir die familie,” het Annemarie gesê.

Die familie se name word weerhou tot almal positief uitgeken is en om die minderjarige dogters te beskerm.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 
Back to top button