Local newsNews

Vlam vegters hou DBV veilig

Mense kry koud maar ’n vuur wat in ’n bos begin word kan ’n doodsvonnis wees die tyd van die jaar.

’n Groot dankie word geskuld aan die onbesonge helde wat hul eie tyd, toerusting en lewens in gevaar stel om elke jaar die veldbrande wat rondom eMalahleni se woongebiede begin, te blus.

Piet Wassenaar, eienaar van Presidio Security en sy buurtwag was al wat tussen reuse vlamme en die DBV gestaan het op Maandag, 24 Junie. Piet was buite die dorp toe hy om 15:30 die oproep gekry het dat die groot veld wat deur Jackaroopark loop aan die brand is en die DBV lê direk in die vlamme se pad.

Die rook van die vuur het meters hoog in die lug in gestyg.

Piet het onmiddelik die brandweer en sy buurtwag manne gekontak en hulle het almal gemobiliseer met al hulle brandbestrydingstoerusting.
Hulle het DBV toe gejaag om die geboue en diere te gaan beskerm.

 

“Toe ons daar aankom was daar nie tyd om te praat nie, ons moes onmiddelik inspring en ons het probeer die vuur terug brand, maar die vlamme het gedraai. Ons moes vinnig op ons voete dink. Die manne het ander kant die DBV omgegaan en die gras daar begin brand en die vuur met blasers afstoot in die vallei in,” het Piet gesê.

 

Terwyl meeste mense wat in daardie omgewing woon onbewus by die werk was, het dié helde seker gemaak almal se huise wat om die veld is, veilig is van die vuur wat se vlamme meters hoog in die lug was en soos blits deur die droë gras en riete beweeg het.

 

“Ons is nie seker presies waar die vuur begin het nie, en ons kan ook nie sê wat die vuur begin het nie. Elke jaar gedurende die winter is daar veldbrande as gevolg van die winter droogte. Ons wil net die publiek laat weet dat van die einde van Junie af, is dit teen die wet om ’n oop-vuur te maak. Al wil jy voorbrande maak, het jy ’n permit nodig waarvoor jy by die brandweer aansoek doen. Ons besef mense kry koud maar ’n vuur wat in ’n bos begin word kan ’n doodsvonnis wees die tyd van die jaar,” het Piet gewaarsku.

 

Ooggetuies op die toneel het vir WITBANK NUUS vertel dat die brandweer wel daar was, maar hulle het glo net ’n bietjie gehelp en toe weer gery. Die munisipalitiet is gekontak vir kommentaar oor hoekom die brandweer nie verder kon help nie, maar geen terugvoering is ontvang teen druktyd nie.

Die vuur onder die kragdrade.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

Check Also
Close
 
Back to top button