Local newsNews

Jo Black gee getuienis by NLC

Jo Black het getuienis gegee by New Life Church aan meer as 300 mans.

Dié 320 soldate van God het bymekaar gekom, soos die 300 mans wat God saam met Gideon gestuur het om die 135 000 Medianiete te oorwin, by die New Life Church (NLC) om na sanger Jo Black se inspirerende getuienis te luister en om weer saam te staan in dié wêreld.

Jo Black en Ryan Langkilde.

Op Saterdag, 8 Junie, in die bitter koue het die Christen mans van eMalahleni op NLC toegesak om te luister na die Afrikaanse sanger, Jo Black se getuienis van sy lewe en hoe die Here in sy lewe gewerk het.

Wiseman Mahlobo en Stanley Mahlangu.

’n Groot dankie word ook gegee aan die hardwerkende spysenierspan van NLC wat seker gemaak het al die mans is behoorlik versadig en dat die koffie aanhou vloei het om die koue weg te hou.

Hendrik Oosthuizen, Cobus Oosthuizen, TGN Kotzè en Vian Enslin.

“Jo Black se besoek het ons as mans herinner dat ons mans moet opstaan en die tipe man wees wat mense kan op staat maak en dat ons geestelike mans in ons lewens moet hê wat ons sal dra in moeilike tye en ons verantwoordbaar kan hou vir die dinge wat ons doen,” het pastoor Louis Mare van NLC gesê.

Johan Botes, George van der Merwe en Christopher Prinsloo.
Sion Smit, Lourens Smit en Ian Kriel.
Gideon Joubert, Jaco Taljaard en Kobus Venter.
Ruan en Dijan de Jager.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of skakel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

 

 
Back to top button