Local newsNews

Bekende eiendomsagent in eMalahleni sterf by die huis

Gerhard het altyd gelag en die lewe ten volle geniet.

Die hartseer nuus dat die bekende eiendomsagent, Gerhard Nel, vanmiddag oorlede is, is bevestig.

Daar word vermoed ‘n epileptiese aanval was die oorsaak van sy dood.

Sy broer Freddie Nel het gesê, hulle ma, Aggie Nel het op Gerhard se liggaam afgekom.

“Gertjie het almal altyd laat skaterlag,” het Elrina Bezuidenhout gesê.

“My hart is stukkend,” het Nadia Fourie op sosiale media geplaas.

Lulu Isenegger het gesê  Gerhard was die snaakste en stoutse persoon saam met wie sy al ooit gewerk het.

Gerhard Nel.

Gerhard was ‘n huurkonsultant by  Chas Everitt Emalahleni

Witbank Nuus se  innige simpatie gaan aan die familie uit.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

 

 

 

 

 

 
Back to top button