LifestyleLocal newsNews

eMalahleni se Wynand op die planke by in Innibos

Kliek hier vir die volledige program.

Hospitale en wat daarmee gepaard gaan, is geen grap nie, maar soms is ’n skaterlag of meer ’n dag presies wat nodig is om weer beter te voel.

 

Die talentvolle Wynand van Vollenstee is die teksskrywer en regisseur van die Innibos-komedie, Hospitale, kateters en familielede Γ©n is op die verhoog in hierdie skreeusnaakse debuut te sien.

Wynand is ’n boorling van eMalahleni en ook bekend vir sy karakter Karate Kallie. Saam met hom in die rolverdeling is Stephanie Baartman, Thiart Li en Marissa Claasen.

Die vier akteurs vertolk altesaam 14 verskillende karakters wat in ’n hospitaal verskeie onvermydelike misverstande, verwarrende mediese prosedures en ’n bedenklike spyskaart die hoof moet bied om gesond te word. Daarby is die toestand van die mediese toerusting maar so-so. Dis asof slegs die skelhelder buisligte wat dag en nag brand, al is wat werk.

As daar egter een ding is wat Suid-Afrikaners kan doen, is dit om tragiese oomblikke in iets verkwikkend humoristies te omskep. In die talle situasies wat die meeste mense iets van sal herken, is die deurlopende draad van omgee en hoe mense mekaar deur selfs die donkerste uur kan bystaan.

Hospitale, kateters en familielede is by Laerskool Bergland op Donderdag, 27 Junie om 16:00, Vrydag, 28 Junie om 10:00 en Saterdag, 29 Junie om 15:00 te siene. Kaartjies kos R190.

’n Heerlike keuse van komedie om die gemoedere te lig is te sien by vanjaar se Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees.
Innibos duur vanaf 27 tot 30 Junie in Mbombela.

 

Gaan jy vanjaar Innibos toe?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 
Back to top button