Local newsNews

Nocturne bottel hoop, geloof en liefde en lekker sop

Vir Vrouemaand beplan die Nocturne tak ’n handsak-projek. Hulle gaan handsakke met bederfies in vir behoeftige vroue gee.

Die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak het dié maand ’n verskil in 210 huisgesinne gemaak. Met hulle ‘Jars of Hope’-projek gaan 1 260 magies gevoed word.

Hester Pretorius.

Hulle het Donderdag, 6 Junie hul ‘Jars of Hope’ gepak en binne net ’n kort tydjie is die koffiebottels gevul met alles wat nodig is vir ’n heerlike sop.

Lenie Swan en Susan Langeveldt.

Die bottels gaan aan verskeie organisasies en selfs ook skole uitgedeel word om te help dat gesinne wat dit nie breed het nie, darem ’n heerlike bord sop kan geniet.

Katie Symms en Wilma van Zyl.

Die volgende projek op hulle lys is om geskenke vir Jabez Huis se geskenkkamer in te samel. Behoeftiges kry die kans om op hul verjaarsdae ’n geskenk te kies van hul keuse.

“Daar is mammas wat ’n bottel sjampoe kies en kinders wat ’n paar kouse kies. Dit breek jou hart wanneer jy besef wat ’n ander se grootste behoefte is,” het Wilma van Zyl, die tak se voorsitter gesê.

Vir Vrouemaand beplan die tak ’n handsak-projek. Hulle gaan handsakke met bederfies in vir behoeftige vroue gee.

 

As jy ’n handsak of twee het wat jy nie meer gebruik nie en selfs ’n botteltjie spuitgoed of room, ’n lipstiffie of sneesdoekies, skenk dit gerus aan die tak wat ’n verskil in ’n ander vrou se lewe gaan maak met dié skenking.

Wilma kan gekontak word by 083 638 0402 vir meer inligting oor dié projekte.

Lenie Swan en Susan Langeveldt.

Die tak is nou 40 lede sterk nadat Rita Hayden met ’n brandende kersie en opgewonde handeklap verwelkom is.

Karen Oberholzer.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button