Local newsNews

Mel kom stories vertel by Panorama

Komediant Mel die Storieverteller gaan mense kom maak lag in eMalahleni

Laerskool Panorama bring Mel die Storieverteller eMalahleni toe.

Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak komediante van 2023.

Van internet sensasie na verhoog sensasie los sy gehore vriendelik verras en oppie-vloer van al die lag.

Dik Deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die lyne tussen ‘stand-up comedy’ en ‘n verhalende een-vrou vertoning vervaag.

Sy gesels en vertel van die eerste keer toe sy die sensasie van deurmekaargeid ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare toe maar begin vrede maak het met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, ‘n hengse deurmekaarspul is.

Mel lewer ook haar komiese opinie oor die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasie en deel snaakse waarnemings van ‘straight couples’, die landslied, slimfone en ‘fancy’ karre.

Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis ‘n sagte hou verbloem in interessante staaltjies en onverwagse kwinkslae.

Dik Deurmekaar ontroer ‘n spesiale nostalgiese gevoel waarby almal kan aanklank vind.

Haar unieke manier van dinge raakvat en saamvat en uitbeeld maak dat gehore die hele 60-minute deur aan haar lippe hang. Maar Mel belowe nie dat die vertoning volgens plan gaan verloop nie, want soms is die lekkerste deel van die vertoning om bietjie gek te skeer met gehoorlede en dan duik nuwe grappies op so tussendeur die stories – dus moet jy met omsigtigheid jou kaartjies bespreek.

Mel kom op 23 Augustus kuier en kaartjies is reeds beskikbaar teen R250 per persoon.

Dié prys sluit ’n versnappering in.

Die vertoning begin om 19:00 en deure maak reeds 18:00 oop.

Kaartjies is by die skool beskikbaar. Kontak gerus 072 158 6578 of 013 650 2116.

Daar is ’n ouderdomsbepreking van 14 jaar.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

 
Back to top button