Local newsNews

Die ligte is aan maar niemand is tuis

Gebou wat vir studente-akkommodasie gebou is, staan al vir maande lank leeg en is verwaarloos.

In die vroeë tagtigs as iemand die naam Kat Smit gesê het, het mens sommer net geweet dit gaan nou ’n rugby wedstryd wees vol lewe, gees en baie pret, maar deesdae in hy ’n oupa wat elke dag sy kleinkinders by die skool gaan haal.

Daarin lê die probleem. Vir die afgelope twee jaar ry hy elke middag verby die nuwe TUT gebou wat langs die verkeersdepartement is, en sy vraag bly staan, “Wat word van hierdie pragtige gebou wat klaar is, maar leeg staan?”

Die ligte wat in die leeg TUT gebou dag en nag brand.

Die gebou waarvan hy praat is die nuwe studente-koshuis wat vir Tshwane Universiteit van Tegnologie gebou is.

 

“Elke dag ry ek verby en al die ligte brand dag en nag, maar niemand bly daar nie. Die gras word net al hoe langer en die plek begin verwaarloos lyk,” het hy bekommerd gesê.

“Dié soort geboue kos miljoene om te bou en dit is hartseer om altyd te sien hoe hulle nie gebruik word nie. Ek het self vir die Departement van Menslike Nedersetting gewerk, ek weet hoe belangrik is ’n ordentlike plek om in te bly, veral vir studente. Ek wil nie sien hoe nog ’n gebou vergaan nie. Die studente het hierdie koshuis regtig nodig,” het hy gesê.

 

Die gras wat net al hoe langer word by die leeg TUT studente-akkommodasie.

WITBANK NUUS het TUT gekontak oor Kat se pleit en bekommernisse, maar nog niks terugvoering ontvang nie.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

Back to top button