KrielSaders reg vir volgende rondte

Die tweede rondte van die burgemeesterliga lê nou voor vir die Saders.

KrielSaders het dié afgelope naweek lekker rugby gespeel.

 

In dié finale wedstryde van die burgemeesterliga (mayor league) se eerste rondte het die eerste span Embalenhle 55-40 gewen Dissipline was baie beslis die groot faktor en die manne se harde werk werp vrugte af.

 

Saders het agt keer agter die doellyn gaan kuier en Embalenhle toegelaat om net ses keer by hulle doellyn te gaan kuier.

 

Werner Coetzee is aangewys as die speler van die wedstryd.

 

Die tweede span het Standerton 31-7 die loef afgesteek.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

Exit mobile version