Help om die winter warmer te maak

Vrydagaand bied Helpende Hand ’n projek aan waar jy kan deel word van ’n aksie om komberse in eMalahleni bymekaar te maak.

Helpende Hand Witbank-tak se kombers-projek klop aan die voordeur.

Mee. Maryna Viljoen (sekretaresse) en Lenie Swan (ondervoorsitter) van Helpende Hand Witbank-tak.

Dié projek, wat daarop gemik is om wintersorg en noodsaaklikhede aan weerlose persone en gemeenskappe te verskaf,  vind op Vrydag 31 Mei by Saveways Spar plaas.

 

Kom loer gerus vanaf 17:00 tot 20:00 in by die groep vrywilligers wat jou meer gaan vertel van die betrokkenheid van die tak in die gemeenskap.

Saartjie van der Nest.

Bring ’n kombers saam wat aan diegene uitgedeel gaan word wat dié komende winter niks het om hulle teen die ysige koue te beskerm nie.

 

“Ons sal elke nie-bederfbare kos donasie baie waardeer. Daar is soveel mense wat nood het en elke projek is gemik om daardie teikengroep op te tel en te onderskraag,” het me. Lenie Swan, die tak se ondervoorsitter gesê.

 

Vir meer inligting kan Lenie geskakel word by: 072 302 5791.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

Exit mobile version