Help Jade om Kroonstad toe te gaan

Jeanne Stimie vetkoek laat die meel en olie so spat om fondse bymekaar te maak vir haar seun se rugbytoer.

Laatlammetjie, Jade Stimie (16) het langs die rugbyveld groot geword en van rugby kan ’n mens hom niks vertel nie.

Sy hele lewe draai om rugby.

Dit is sy groot liefde en passie, en al sy harde werk werp nou vrugte af.

Hy is onlangs gekies om vir die Afrikaner Volkseie Sport (AVS) Suid-Oos Transvaalspan te speel.

Jeanne Stimie besig met die vetkoek.

Jade speel al sy hele skoolloopbaan deur rugby en het al baie goed gedoen.

Hy was gekies vir die o14 Bokkie-uitnodigingspan, en het al baie erkenning by sy skool gekry vir rugby, selfs die Grootste Rugby Hart-toekenning by HTS Middelburg, waar hy in die koshuis is.

Jade Stimie toe hy ’n jong seun was langs die rugbyveld.

Die Suid-Oos Transvaalspan gaan in die Wintersweek in Kroonstad vanaf 24 Junie tot 28 Junie speel.

Die kostes vir hierdie toer is baie hoog, maar toemaar, Jade se mamma, Jeanne Stimie, het ’n plan.

Sy bak vetkoek laat die meel en olie so spat om fondse bymekaar te maak vir haar seun se rugbytoer.

Jade Stimie in aksie.

Die toerkostes beloop R7 600 per speler en moet teen 1 Junie inbetaal wees om saam te kan toer.
Indien jy ’n bestelling wil plaas vir vetkoeke om dié talentvolle jong man te help om sy drome te bereik, kan jy vir Jeanne WhatsApp of skakel by 082 322 3440.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

Exit mobile version