Naweek skop af met ongeluk op N12

Die N12 was vir ongeveer 30 minute gesluit om die ongelukstoneel op te ruim.

Die man wat vroeër vandag in ‘n ongeluk op die N12 was het net ligte beserings opgedoen.

Die ongeluk om 12:00 het sowat 5km voor Ogies afrit gebeur.

Klaarblyklik het die voertuig waarin die man gery het, se linkeragterwiel gebars.

Die man het toe beheer verloor.

Hy is na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

Exit mobile version