Local newsNews

Carpe-Diemstreek merk tweede vergadering op hul kalender af

Die Carpe-Diemstreek bou vriendskapsbande en rus vroue toe om te groei en ‘n daadwerklike bydra te lewer in hul gemeenskap.

Die tweede streeksvergadering van die Vroue Landbou-unie se Carpe-Diemstreek was ‘n heerlike oggend van samesyn en volgeprop met idees.

Evelyn Mocke, Wilna Strydom, Janet Franke en Didi van den Bergh van die Vroue Landbou-unie, Soirée-tak.

Dié streeksvergadering het Donderdag, 25 April by die AGS Oasis-gemeente plaasgevind.

Agter: Belinda Duvenage (tesouriere lid van Delmas-tak), Lida Posthumus (skakel en voorsitter Witbank-tak), Naomi Bray (Witbank-tak); voor: Gezina Prinsloo (skakel van Witbank-tak), Anette Steyn (streeksekretaresse en lid van Witbank-tak) en Marcelle van Vuuren (streekvoorsitter en lid van Azaria-tak).

Dirkie Muller van die Witbank-tak het ‘n 30-jaar knopie ontvang.

Wilma van Zyl, Karen Oberholzer, Liza Retief, Elsie Greaves en Lenie Swan van die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak.

Elke jaar is daar ook verskeie kompetisies ten einde die lede in staat te stel om hul talente te ontdek en vaardighede aan te leer. Die kompetisies is tydens die vergadering bespreek.

Marcelle van Vuuren, streeksvoorsitter van Carpe Diemstreek oorhandig ‘n 30-jaar knopie aan Dirkie Muller van Witbank-tak.

Die streek, wat uit sewe takke bestaan, vergader vier keer per jaar.

Belinda Duvenage van die Vroue Landbou-unie se Delmas-tak en ook streekstesourier.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas

Back to top button