Local newsMunicipalNews

Toeriesstraat word skoongemaak

Wyksraadslid Kim Faduk op ’n missie om haar wyke skoon te kry en begin by Toerienstraat.

Wykraadslid Kim Faduk en haar span het dit weer reggekry om ’n verskil te maak. Toerienstraat was besig om ’n absolute nagmerrie te word, vol vlieë en vullis, voordat sy en haar bekwame span ingespring het om iets daaromtrent te doen.

Toerienstraat voor dit mooi skoongemaak was.

Toerienstraat is nou al vir baie maande ’n seeroog. Dit is talle kere by die munisipaliteit aangemeld en hulp gevra om dit skoon te maak. Besighede en huiseienaars het aanhoudend gekla daaroor. Gedurende die burgermeester se skoonmaakprojek, Letsema op 15 Maart, het ek die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning na die straat toe gevat.

 

 

“Hulle het in daardie week gaan skoonmaak en my gekontak om te gaan kyk,” het Faduk gesê.

 

Faduk rus amper glad nie, sy is op ’n missie om haar wyke skoon te hou en die probleme te herstel, maar sy het gesê sy het bitter min samewerking van mense in die gemeenskap wat knaend dink die strate is hul persoonlike asblik, soos in die geval van Oppermanstraat.

 

Faduk het seker gemaak Oppermanstraat word mooi skoongemaak en al die vullis, rotte en boemelaars was verwyder. Binne twee weke het die plek net weer dieselfde gelyk.

Oppermanstraat twee weke nadat dit skoongemaak was.

 

 

“Die gemeenskap word asseblief gevra om saam met ons te werk, en nie teen ons nie. Ons werk almal baie hard om te probeer strate skoon hou, maar dit breek ’n mens se hart as al die harde werk binne twee weke heeltemal verwoes word,” het sy hartseer gesê.

 

“Die munisipaliteit sal moet begin boetes oorhandig aan mense wat die omgewing so besmet. Dit kan nie so aangaan nie. Strate word skoongemaak en binne dae is daar weer mense wat kom met hulle verbode storting en alles lelik maak vir almal,” het sy moedeloos gesê.

Oppermanstraat nadat dit skoongemaak was.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

Back to top button