Retha laat ’n groot leemte agter

Medelye stroom in vir die vrou wat so baie gedoen het vir kankerpasiënte.

Die kankerlyer, Retha van Greunen het gisteraand die stryd teen dié gevreesde siekte verloor.

Retha is op 28 Februarie in die hospitaal oorlede.

Retha het holderstebolder op haar sagte manier binne in almal se harte geklim met haar Bettie Bandana-projek.

Sy is in 2016 met borskanker gediagnoseer en het die projek begin om ander vrouens by te staan wat ook borskanker het.

“Retha, ons het mekaar ontmoet deur Bettie Bandana-funksies wat ons saam aangepak het. ’n Vrou wat alles aanvat met die mooiste glimlag, maak nie saak hoe jy op daardie dag gevoel het nie, ‘the show had to go on’ . Jy sal altyd in ons harte wees, want jy het jou hart vir almal om jou gegee. Jy was die krag vir mense as hulle gedink het daar is nie meer krag nie. Die Here het een van sy spesiale engele kom haal en ons weet dat die Hemel jubel vandag,” het Monica Joao gesê.

 

“Liewe Retha, ek gaan nog baie bome toedraai en kilometers loop in my pienk gumboots, net om jou mooi menswees te kan onthou! Dit was vir my ’n voorreg. Ek gaan jou baie verlang, ‘as they say… Feathers appear when angels are near’ Ek kyk uit vir jou. Mooi loop,” was die boodskap van Andries du Preez wat ook tafelfunksies saam met Retha aangepak het.

 

“Mense kom en gaan, party los net ’n permanente merk in jou hart. In my hart is Retha se voetspore baie diep. Die silwer engeltjie wat sy tydens een van die Bettie Bandana-funksies in my hand gedruk het, het soveel meer as woorde beteken op daardie tydstip in my lewe. Dié engeltjie hang aan my truspieëltjie en dit herinner my dat daar altyd engele om ons is, engele soos Retha,” het die nuusredakteur van WITBANK NUUS, Zita Goldswain gesê.

Het jy ’n onthou-storie om te vertel van Retha?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

Exit mobile version