CrimeLocal newsNews

Kattekwaad in die vroeë oggend ure

Kwajongens het stopstrate in Hoëveldpark opsetlik omgery.

In die goeie ou dae het baie van vandag se bejaardes seker skelmpies met pappa se karretjie rondgery na ’n lekker sokkiejol by die dorp se hotel.

 

As kind moes jy by jou ouers die stories hoor oor padtekens skiet met ’n pistool en aan die verkeerde kant van die pad sonder ligte aan ry om die spoedlokvalle te vermy.

Die verskil daardie dae was, niemand het selfoon- en kringtelevisie-kameras gehad nie.

 

Deesdae as jy kattekwaad aanvang, gaan dit beslis oral oor die internet wees, en pappa gaan beslis weet jy het met sy kar verwoesting in die woongebied gesaai.

In wat heel moontlik ’n oomblik van ‘hou vas my bier en check hierdie manouvre’ was, het twee mans op Saterdag, 24 Februarie om 03:00 in Wattlestraat padtekens omgery, mense se pragtige boompies platgetrap en sommer iemand se kamera op ’n paal ook omgery.

Wat die twee mans in die grys Toyota Hilux bakkie nie besef het nie, is dat hulle onnodige vandalisme op kamera vasgevang is.

 

Mnr. Frik van Dyk, komitee-voorsitter van Hoëveldpark het gesê, “Ons gaan nie staan vir hierdie soort vandalisme in ons buurt of enige plek in eMalahleni nie. Ons gee die twee mans ’n geleentheid om na vore te kom en reg te maak wat hulle beskadig het. As hulle nie bereid is om my te kontak en dinge reg te stel nie, sal ons wetstoepassing betrokke kry. Julle kan nie wegkruip nie. Ons is almal nou besig om te soek vir julle bakkie en ons gaan julle kry. Ek pleit met julle om my te kontak en soos grootmense hierdie probleem op te los. Ek is ’n baie besige man. Ek het nie tyd vir dié nonsens nie, maar ek sal tyd maak om hierdie twee te vang, want ek gaan nie hiervoor staan nie.”

 

Die skuldiges kan Frik skakel by 079 142 7834. Enige persoon met inligting is ook welkom om hom te skakel.

 

Kyk die video hier:

https://www.youtube.com/watch?v=hh9buj76KAg

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

 

 

 

 

Back to top button