Troetel…’miere’ in eMalahleni, het jy dalk raad?

Die ongewenste gas in jou koskas kan jou tot raserny dryf.

Het jy al daardie gevoel gehad van ‘ek kon sweer ek het gisteraand hierdie grond op die kombuisvloer opgevee’ en nou sien jy weer daar in ’n hoekie ’n hopie grond?

Ewe skielik het jy derduisende nuwe troeteldiertjies wat al te gretig in jou kos in kom en vir jou daardie ekstra proteïen gee as jy nie jou kos en suiker eers mooi bekyk nie, veral in die donker.

eMalahleni het sopas die nommer een toeriste-aantreklikheid geword vir die aarde se mees suksesvolste spesie…miere, en dit lyk nie of hulle van plan is om ’n kort vakansie te hê hier in die steenkoolstad nie.

Daar is 12 000 spesies miere op die planeet en elke mier kan lewe vir 30 jaar, dit is as ons nou nie die blikkies gif begin spuit en die mier-lokvalle in elke kas se hoek inprop nie. Slaap maar gerus, daar is net 550 spesies in Suid-Afrika, en bitter min van hulle is eintlik ’n plaag.

Vuur miere, daardie klein rooi duiwels wat lekker byt as jy per ongeluk hulle ontstel, veroorsaak oor £3 biljoen elke jaar in veeartskostes en oesskade in Noord-Amerika soos National Geographic Kids https://www.natgeokids.com/uk/discover/animals/insects/ant-facts/ die feite gee.

Vir sulke klein goggatjies is hulle eintlik nogal besonders. Meeste miere het nie oë of ore nie, en hulle gebruik reuk en vibrasie om hulle pad te vind. Volgende keer as daar duisende miere in jou kombuis is, gee jouself ’n klop op die skouer, want jou kos ruik sekerlik baie lekker.

Miertjies is heeldag aldag besig om te soek vir kos, blyplek en water. Elke mierkolonie is ’n funksionele samelewing en elkeen van hulle het ’n doel.

Ons as mens kan eintlik leer by die sterkste lewende organisme in die wêreld. As almal saamwerk, werk alles saam. Die mooiste voorbeeld, veral op die oomblik met alles wat aangaan in eMalahleni.

Maar ek soek nog steeds nie die klein goetertjies in my kombuis nie, al is hulle hoe wonderlik.

Deel julle raad met ons oor hoe julle voel.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version