Local newsNews

Witbank VLU-lede vier die nuwe jaar en hou eerste vergadering

Die dames sien uit na ’n jaar vol vrede, vreugde, liefde en omgee.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) Witbank-taklede het die eerste vergadering van die jaar afgeskop met ’n vol program.

Die dames van Carpe Diem-streek het verslae deurgelees, programme bespreek en pryse toegeken aan lede wat aan kompetisies deelgeneem het.

Lida Posthumus maak seker alles verloop glad. Ria Scheepers en Ria van Rooyen is altyd gereed met ’n grappie.

Lida Posthumus het lede bedank vir hul welwillendheid gedurende 2023.

“Mag 2024 ’n geseënde jaar vir Witbank-tak wees met vrede, vreugde, liefde en omgee,’’ het Lida geëindig.

Sien meer fotos hier:

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram

Back to top button