Nocturne is amper ’n tiener

Baie geluk aan dié tak wat hull everjaarsdag verlede week gevier het.

Die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak het hul 12de verjaarsdag gevier.

Die tak het Donderdag, 11 Januarie tussen pienk en wit ballonne, pragtige gedekte tafels en heerlike smulhappies dié mylpaal gevier.

Die aandtak is in Januarie 2012 gestig en Nocturne beteken ‘aand’ in Latyns.

Wilma van Zyl en Lenie Swan.
Wilma van Zyl en Vikki van der Merwe.
Leigh-Ann en Lizette Pansegrouw.

Wilma van Zyl, die tak se voorsitter, het ’n oorsig oor die tak se totstandkoming en geskiedenis gedeel.

Die eerste voorsitter was Marinda Hattingh met Wilma wat die stoel as vise-voorsitter ingeneem het.

Elaine Pretorius was destyds die sekretaresse, Michelle Smith tesourier, Anel Grobler skakelbeampte en Elise Vorster sameroeper.

Vandag spog die tak met 38 lede.

Karen Oberholzer, Elsie Greaves, Wilma van Zyl en Ansie Conradie.
Lize Visser en Susan Langeveldt.
Meisie Swan en Hester Pretorius.
Vanessa Grobler.

 

“Wanneer ek oor die afgelope 12 jaar terugkyk, is ek dankbaar vir elke vriendin wat deel van die tak geword het,” het Wilma gesê.

Lize Visser.
Vanessa Grobler en Lenie Swan.
Hanli Swanepoel en Lenie Swan.
Lize Visser en Lenie Swan.
Susan Langeveldt en Lenie Swan.

Sy het haar verslag oor die tak se doen en late van verlede jaar voorgelees en tussen die lyne was dit duidelik, dié tak is baie besig.

Die aand is afgesluit met ’n prysuitdeling vir al die tak se items waartydens lede teelepeltjies en sertifikate ontvang het.

Elsie Greaves het die eerste plek ingeneem met 776 punte, tweede was Laura Willer met 761 punte en derde Lenie Swan met 556 punte.

Wilma het die vierde plek haar eie gemaak met 545 punte, Vikki van der Merwe het vyfde plek gekry met 535 punte, Dora Grobler sesde plek met 500 punte en Karen Oberholzer sewende plek met 402 punte.

Negentien lede het vir die eerste keer ingeskryf en elkeen ’n teelepeltjie en luide handeklap ontvang het.

Karen Oberholzer en Lenie Swan.
Vikki van der Merwe en Lenie Swan.
Wilma van Zyl en Lenie Swan.
Laura Willer en Lenie Swan.
Laura Willer en Elsie Greaves.

Het jy ’n storie om te vertel?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Exit mobile version