Local newsNews

Interessante voëlspesies kom sprei vlerke in eMalahleni

Op 31 Desember is ’n foto op sosiale geplaas deur ’n inwoner wat langs die ou-Middelburgpad woon van ’n voël wat volgens voëlkenners nie sommer in dié geweste gewaar word nie.

Dit blyk dat ’n paar interessante voëls die afgelope paar weke hier in die Steenkoolstad kom land het.

Op 31 Desember is ’n video op sosiale geplaas deur ’n inwoner wat op ‘n kleinhoewe in Seekoeiwater woon van ’n voël wat volgens voëlkenners nie sommer in dié geweste gewaar word nie.

Daar is eers bespiegel dat dit moontlik ’n Grootjagarend (African Hawk Eagle) is, maar daar is toe eenparig deur kenners besluit dat dit eerder ’n Swartsperwer (Black Sparrow Hawk) is.

Die roofvoël was besig om sy prooi te vreet.  Dit blyk dat sy prooi ‘n tarentaal was.

SIEN DIE VIDEO HIER:

Hiérdie voël kom gewoonlik voor in droë gebiede, savannas, en bosveld. Hulle verkies oop terrein waar hulle maklik prooi kan uitken.

“Volgens die boeke kom hy wel hier voor, maar dit is die eerste keer dat ek hier een sien,” het plaaslike wildkenner, Piet Wassenaar gesê.

’n Paar dae later het Piet foto’s geplaas wat deur sy seun langs die ou-Middelburgpad  geneem is van ’n Langkuifarend (Long-Crested Eagle).

 “Ek het dié spesifieke arend ook nog nooit in ons area gewaar nie,” het Piet gesê.

Die Langkuifarend verkies oop woude, en graslande en word dikwels naby waterbronne gevind.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button