Local newsNews

Oud-skoolhoof van Laerskool Reynorif oorlede

Sy gedenkdiens vind Vrydag, 5 Januarie om 14:00 uit die Nederduits Hervormde Kerk, Suidoos-gemeente (oorkant Midas), plaas.

Wouter Naudé wat baie sal onthou as die kort man met die groot glimlag en altyd ’n vonkel in die oog, is Donderdag, 28 Desember in die ouderdom van 76 jaar aan natuurlike oorsake oorlede.

Hy was vir 25 jaar by Laerskool Reynorif tot en met sy aftrede as skoolhoof.

Wouter was ook nou betrokke by rugby in die stad en provinsie en het baie jare as vise-president van die ou Puma Rugby-unie gedien.

Hy was ook op ’n tyd die president van die Mpumalanga Laerskole Rugby-unie.

Wouter laat sy vrou, Mary en seun, Eduan agter.

Sy gedenkdiens vind Vrydag, 5 Januarie om 14:00 uit die Nederduits Hervormde Kerk, Suidoos-gemeente (oorkant Midas), plaas.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button