Local newsNews

Legendes groet die jaar met ’n gebrul van enjins

Norman Griffiths wat die nasionale president van Private Riders is het die wegbreeknaweek gereël.

Motorfietsbyeenkomste of ‘old-school-rallies’, soos dit in motorfietskringe bekendstaan is iets wat vir dae se onthou-geselsies kan sorg.

Norman Griffiths en Gary Hill.

Op 16 en 17 Desember het die plaaslike motorfiets-legendes by The Barn bymekaargekom en net soos in die ou dae gekuier, om ’n braaivleisvuur gesels en stories van die ou-rallies oorvertel.

Douglas Potgieter en Rudolph Hibbert.

“Dit was net ’n lekker bymekaarkom-geleentheid. Dit was lekker om op te vang en die manne het nog nie hulle ‘touch’ verloor nie. Al wat hulle saamgebring het, is wat ook al op die agterkant van die motorfiets kon pas. Daar was geen ‘fancy’ chalet of hotelkamer nie, daar waar jy lê, daar het jy geslaap,” het Norman Griffiths, nasionale president van Private Riders vertel.

Die naweek was moontlik gemaak deur Norman en Willie Grant wat letterlik op twee wiele grootgeword het.

Norman en Willie het almal bedank wat die naweek saamgekuier het en gesê daar gaan nog vele van die kuiertjies in 2024 plaasvind.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button