Liefde is die grootste geskenk sê Kersvader vir Immergroen inwoners

Elke bejaarde is bederf met ’n spesiale geskenkie.

SAVF Immergroen se Kersete het jou weer laat besef waaroor Kersfees gaan.

Kersvader maan Petro van der Westhuizen om ook volgende jaar baie soet te wees.

Op Woensdag, 29 November het Kersvader by die bejaardes kom kuier en geskenke uitgedeel.

Die seremoniemeester, Pieter Boshoff het die aand opgekikker met grappies wat hy tussendeur vertel het.

Annetjie de Beer is baie bly oor haar geskenkie van Kersvader af.

Toe Kersvader van stoel na stoel stap en ’n geselsie met elke inwoner aangeknoop het, is daar skelm ’n traan afgevee en is die liggies in die bejaardes se oë aangesteek.

Margie Greyling lag oor Kersvader se kwinkslae.

“Die mooiste geskenk is die liefde in elke bejaarde se oë,” het Kersvader opgemerk.

Peet Hattingh is opgewonde oor sy geskenk.

Pastoor Ledge Saunders het die skiflesing en gebed waargeneem en die geboorte van Jesus op sy eie unieke manier vertel.

Alida Vermaak kon nie glo Kersvader het regtig kom kuier nie.

Daar is heerlik gesmul aan ’n watertand-ete en die lekkerste vrugte en roomys nagereg voordat die inwoners tou gestaan het vir ’n foto’tjie saam met die ‘Man in Rooi’.

Kersvader gesels bietjie met Chrissie Cronje.

SAVF Immergroen se bestuur bedank almal wat bygedra het tot die spesiale aand.

As die manne eers aan die gesels is, stop niks hulle nie. Hier kuier Kersvader saam met Willie Kriel.
Robbie Breedt glimlag breed oor Kersvader se sêgoed.
Annetjie Lange sê vir Kersvader ’n vinnige hallo.
Daleen Venter maak net seker Kersvader se baard is eg.
Estelle de Lange wil ook saam met Kersvader afgeneem word.
Wiese Taute wil weet of Kersvader se baard eg is.
Luekie Espag deel ’n grap met Kersvader.
Meriba van Rooyen loer by Kersvader in.
Dis nie aldag dat Ella Fourie op Kersvader se skoot kan sit nie.
Petro van der Westhuizen gee Kersvader ’n stywe drukkie.
Maggie en Willie Kriel loer ook in by Kersvader.
Kersvader wens Chrissie Cronje geluk met haar 88ste verjaarsdag.
Dee Anderson en Kersvader kuier al te lekker saam.
Annetjie Nel laat nie die kans verbygaan om ook met Kersvader te gesels nie.
Flip Harmse, Margie Greyling en Kersvader is opgewonde oor die komende jaar.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version