Die bruggie en veld in Wattlestraat in Hoëveldpark is weer bietjie reggeruk.
Die afgelope naweek is daar gewoel en gewerskaf en die gras in die veldjie is Sondag, 19 November kort gesny, die bome aan die onderkant geknip, die vullis opgetel en die bruggie skoongevee.
“In hierdie veldjie baljaar die skelms, daarom het ons as buurtwag besluit om dit skoon te maak.
Ons het donasies van die inwoners ontvang en gebruik om die veldjie skoon te maak,” het mnr. Juls Pretroius, voorsitter van Hoëveldpark buurtwag komitee verduidelik.
Hy bedank elkeen wat donasies geskenk het.
Wat is jou opinie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.