Local newsNews

AGS Oasis staan steeds sterk na 40 jaar

Die kerk was in 1983 gestig.

Die AGS Oasis Kerk gaan van krag tot krag en dié jaar het die kerk ’n groot mylpaal bereik.

Die kerk, wat eers bekend gestaan het as AGS Witbank-Oos en 15 jaar terug hul naam na AGS Oasis-gemeente verander het, is in 1983 gestig.

Ina Grobler en Corné Strydom.

Die gemeente het Sondag, 19 November hul 40ste bestaansjaar in styl gevier.

Pastoor Corrie van Zijl het die gemeente toegespreek en saam met die aanbiddingspan ’n boodskap van liefde oorgedra.

Karen en Brian Scheepers.

Hy het die gemeente bietjie meer vertel van die kerk se geskiedenis en dat die kerk ’n plek is waar mens liefde kan uitleef.

Die dames van die gemeente het toegesien dat die tafels behoorlik gekreun het onder die heerlikste soet- en soutgoed asook koffie en tee.

Chris en Madelein Nearhou.

Pastoor Deon Scheepers het vertel dat die dag ’n groot fees was. “Mense het van ver gekom om die dag saam met ons te kom vier.

Ons wil natuurlik vir almal wat die dag bygewoon het, baie dankie sê, asook vir pastoor Corrie van Zijl wat al die pad van die Kaap af gereis het,” het pastoor Deon afgesluit.

 

Clive en Bettie Adams en Elsabé Engelbrecht.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

Back to top button