CrimeNews

Diefstal gee inwoners gas

“So ’n gasbottel is duur om te vervang. Al hoe hulle in die erf kon kom, was om oor die muur te spring,” het Alvin vertel.

Baie inwoners in die stad het al die harde realiteit van misdaad in die gesig gestaar.

Daagliks sal diewe hul geluk probeer om inwoners te besteel.

’n Gesin, woonagtig in Die Heuwel, het in die oggendure wakker geword net om te ontdek dat ’n skelm homself deur die nag gehelp aan hul nege kilogram gasbottel.

“Die bottel was nog half,” het Alvin Swart vertel.

Die gesin het in die grendeltydperk ’n erger ervaring met rowers gehad toe twee gewapende mans hul huis ingeloop het en die gesin vasgemaak en besteel het.

Gelukkig is niemand beseer tydens die voorval nie.

Hy het ook vertel dat die boewe daardie dag met baie besittings weggekom het en dat dit ’n harde slag was vir die gesin.

“Nadat die skelms weg is, het ons losgekom en dadelik die polisie gebel, maar die reaksie-tyd was lank. Toe hulle ons gasbottel gesteel het, het ons egter nie die polisie gekontak nie, want ons weet niks sal aan die saak gedoen kan word nie,” het Alvin verduidelik.

 

“So ’n gasbottel is duur om te vervang. Al hoe hulle in die erf kon kom, was om oor die muur te spring,” het Alvin vertel.

Tiaan Strydom van Outdoor Gas and Equipmet het vertel dat so vol en nuwe nege kilogram bottel in die prysklas van R1 300 is.

“Besighede mag streng gesproke nie leë gasbottels aankoop nie. Gewoonlik ruil die kliënt die ou bottel vir ’n vol bottel wat baie goedkoper uitwerk. Elke koper betaal ’n deposito op hulle bottel. Die dag wat die bottel nie meer benodig word nie, kry die kliënt dan hul deposito terug,” het Tiaan verduidelik. Hy vertel egter ook dat pandjieswinkels geneig is om leë gasbottels te koop. “Skelms sal eerder die bottel aan die pandjieswinkel verkoop, want hulle sal meer geld ontvang as wanneer hul dit na ’n skrootwerf toe neem; die bottel is eintlik die eiendom van die gasverskaffer,” het Tiaan afgesluit.

Polisiewoordvoerder vir Witbank Polisiestasie, kaptein Eddie Hall, dring egter daarop aan dat die publiek enige en alle misdaad moet rapporteer.

“Alle misdaad kan gerapporteer word by die stasie. Dit is nodig dat inwoners ’n klag indien sodat misdaadstatistieke korrek en volledig is,” het Hall gesê.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

 
Back to top button