Niks kan Shannon en Saffier stop nie

Perdesport is harde werk en Shannon verdien elke toekenning.

Shannon Lewis het aan die begin van die jaar afgeskop met die doelwit om hierdie jaar te gaan vir goud in perdesport …. en sy het dit reggekry.

Shannon haal die Mpumalanga A-span in vyf kategoriee vir die nasionale span.

 

By die naionale byeenkoms was Saffier, haar perd, maar bietjie steeks gewees en haar afgegooi, maar sy het nie opgegee nie.

By die Mpumalanga-toekennings op Saterdag, 21 Oktober het sy trofeë vir haar harde werk en deursettingsvermoe ingepalm.

Sy het ’n eerste plek behaal in ‘Handy Hunter’, ‘Equitation’ en ‘Working Hunter’.

Sy het ook twee vierde plekke ingepalm by die nasionale byeenkoms en ’n medalje ontvang vir A-span deelname.

“Almal wil hê ek moet ’n groter perd ry. Al is Saffier so klein tussen al die ander groter perde in die span, gaan ons volgende jaar alles gee vir daai goud by die nasionale byeenkoms met die 1m skouspring,” het Shannon gesê.

Shannon ry vir Zalala Equestrian Centre.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

Exit mobile version